Liedjies

Die titel van die CD is: 8

Die syfer 8 beteken " 'n Nuwe Begin" en in Grieks is 888 die getal van ons JESUS CHRISTUS.

Ek het dié inligting eers bekom nadat die 8 liede voltooi was, en ek kon eenvoudig geen inspirasie ontvang om meer as 8 liede op die CD te sit nie.

1. Jesus Star Breather

2. Deur Jesus Mag Ek

3. I Want To

4. By U Is Ek Veilig

5. Jesus And I

6. U Troon Staan Vir Ewig

7. YHVH You Have Loved Me First

8. Jesus Veilige Rots

 

Lirieke

Kontak My:

 

Jy is welkom om vir my 'n epos te stuur

Ek sal graag van jou wil hoor, en as jy enige gebeds versoeke het, sluit dit asb in by jou epos en ek sal saam met jou in Gees en Waarheid tot Vader bid, en Sy Liefde en Genade sal oor jou saak uitgespreek word.

Jou Getuienis:

Jy is welkom om jou getuienis te deel met ons almal, stuur asseblief vir my 'n epos by onderstaande adres oor wat die Here al vir jou gedoen het en steeds vir jou beteken. Jy is welkom om fotos of video materiaal in te sluit.

My epos adres is:

EloiseCD@gmail.com

Sou jy weens welke rede wel die liede in CD formaat wil hê, kan ek vir jou een pos teen R15.00 elk plus posgeld, die R15.00 is net om weer die een wat ek vir jou stuur mee te vervang.

Epos my met jou naam en pos adres, en ek stuur vir jou opvolg inligting.

(Click hier vir die betekenis van die naam YHVH)

   

 

EER AAN GOD!

 

EER AAN YHVH!

EER AAN JESUS CHRISTUS!

EER AAN DIE HEILIGE GEES!

Psalm 149:1 (1953 vertaling)

HALLELUJA! Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

Hartlike welkom in Jesus, my naam is Eloise Saayman, en ek en Liewe Jesus is baie lief vir jou. Die Heilige Gees het dit op my hart gelê om die liedjies te skryf, en hy het my ook in Sy groot liefde gelei en geïnspireer met die lirieke en melodieë.

Jy mag dalk vra waarom die liedjies net uit stem en snaar bestaan, wel dis hoe Vader dit op my hart gelê het om te doen.

Die liede is geskryf tot eer van Sy Heilige Naam, en daarom is dit Sy eiendom om mee te maak net soos dit Sy Heiligheid geval.

Die liede is gedurende April 2010 geskryf en opgeneem na ek vir 'n geruime tyd die begeerte in my hart gekoester het om 'n CD tot eer van ons Heilige Drie Eenheid te maak.

Twee van die melodieë het ek reeds sowat dertien jaar gelede "geskryf" en die ander ses saam met al agt die ander lirieke is in sowat een week geskryf, ek was siek met Bronghitus en speel toe op my kitaar om die tyd om te kry, en daar begin die melodieë en lirieke te vloei. 'n Week later is almal klaar en ek bespreek die ateljee vir opnames, die finale opname datum was 30 April 2010.

Ek wil jou vra om na die liede te luister en te weet dat die Here Jesus baie lief is vir jou, en jy moet asb. gerus voel om die liede af te laai, en aan soveel as moontlik van jou vriende en familie te gee.

Dis gratis in elke opsig, en ek weet daar is 'n spesiale seën oor elkeen van die liedjies wat tot 'n wonderlike werking in jou Geestelike lewe gaan dien.

Ek maak geen winste uit die CD nie, ek het dit verniet van onse liefdevolle God ontvang en ek gee dit met liefde vir jou. Geniet dit en mag DIE AANGESIG VAN GOD DIE VADER, GOD DIE SEUN EN GOD DIE HEILIGE GEES oor jou skyn.

Liefde groete in JESUS.

 

 

 
 
   
               
Free Web Counter
Free Web Counter